Melcksloot Village,
Somerset Wes
Vermaak • Verryk • Vernuwe
Helderberg Teatro @ DoxaDeo
Helderberg Teatro @ Doxa Deo is ‘n onafhanklike teater in die hartjie van Helderberg. Die mense van die Helderberg en omliggende gebiede sal vermaak word met ‘n wye verskeidenheid konserte en vertonings, iets vir almal se smaak – supersterre vir supermense! Dié 350-sitplek teater funksioneer vanuit die Doxa Deo Helderberg-ouditorium. Die dubbelvolumeteater, is baie knus, gemat en met gestoffeerde sitplekke, maar het tog ‘n baie moderne voorkoms en gevoel. Die teater is in Melcksloot Village, Somerset-Wes, ‘n klipgooi van die Somerset Mall af. Ons maak ons deure oop om jou, jou familie, vriende en kollegas te verwelkom en om vermaak, verryk en vernuwe te word… en om die wêreld ‘n beter plek te maak!
Vertonings
Vorige Vertonings 2023
Vorige Vertonings 2024











