Skip to content
Artboard 11 copy 2

Melcksloot Village,
Somerset Wes

Vermaak • Verryk • Vernuwe

Helderberg Teatro @ DoxaDeo

Helderberg Teatro @ Doxa Deo is ‘n onafhanklike teater in die hartjie van Helderberg. Die mense van die Helderberg en omliggende gebiede sal vermaak word met ‘n wye verskeidenheid konserte en vertonings, iets vir almal se smaak – supersterre vir supermense! Dié 350-sitplek teater funksioneer vanuit die Doxa Deo Helderberg-ouditorium. Die dubbelvolumeteater, is baie knus, gemat en met gestoffeerde sitplekke, maar het tog ‘n baie moderne voorkoms en gevoel. Die teater is in Melcksloot Village, Somerset-Wes, ‘n klipgooi van die Somerset Mall af. Ons maak ons deure oop om jou, jou familie, vriende en kollegas te verwelkom en om vermaak, verryk en vernuwe te word… en om die wêreld ‘n beter plek te maak!

Asset 4

Vertonings

Nataniël Gesels 2024

11 Mei | 11:00 | R290

 Nataniël keer terug na die verhoog met sy gewilde en vinnig-groeiende GESELS-reeks!

 Soos elke vorige jaar, het GESELS 2024 ’n splinternuwe tema:

“Angs, prestasie, nóg angs en sjokolade”.

 Wat presies beteken die woord, “presteer”? Deur wie word dit bepaal? Hoe word dit gemeet?  Is dit enigsins nodig? Wat is die beloning? Wat is die prys wat betaal word?

Asset 4

Vorige Vertonings 2023

Vorige Vertonings 2024

Asset 4

Adres